PPS For Professionals

Article Name
PPS Namibiaë deel meer as N$148 miljoen in winste ann lede toe


Fri, 03/28/2014 - 09:45
Category
PPS Namibia

Winste aan lede toegedeel styg * met 32.5% jaar op jaar

28 Maart 2014: PPS Namibië, die Namibiese finansiëledienstemaatskappy wat uitsluitlik op gegradueerde beroepslui ingestel is, het aangekondig dat totale winstoedelings aan lede* vir die 2013 finansiële jaar met 32.5% tot meer as N$148 miljoen gestyg het vergeleke met die voorafgaande jaar.

Die maatskappy, die grootste in Namibië wat as „n onderlinge onderneming bedryf word – dit beteken dat die maatskappy deur sy lede besit word en dus winste aan sy lede toedeel en nie aan aandeelhouers nie – het „n verhoging van 20.4% in sy bedryfswins tot N$42.4 miljoen bevestig.

PPS Namibië se Uitvoerende Hoof, Adri Vermeulen, sê dat lede ruim voordeel getrek het uit die feit dat hulle in onlangse jare in die winste van die maatskappy kon deel. “Oor die afgelope 10 jaar, het PPS Namibië meer as N$579 miljoen aan sy lede* toegedeel – wat dit verreweg die grootste en mees suksesvolle onderlinge maatskappy in Namibië maak.”

Toedelings aan die PPS Winsdelingsrekening was tot „n gemiddeld van 42% van die waarde van lede se premies betaal ten opsigte van 2013, beklemtoon Vermeulen. “Dit is die voertuig waardeur PPS-lede se winstoedelings opgegaar word. Deur aan PPS te behoort, geniet ons lede „n unieke voordeel deurdat hulle al die maatskappy se winste ontvang. Hulle kwalifiseer by aftrede vir „n enkelbedrag-uitbetaling van al die opgegaarde winste.”

Die onderlinge bedryf het wêreldwyd oor die afgelope paar jaar goed presteer, sê Vermeulen. Volgens die jongste statistiek wat deur die verslag “International Cooperative and Mutual Insurance Federation (ICMIF) Chief Executive InSights” gepubliseer is, het die aandeel van die globale versekeringsmark in die besit van onderlinge maatskappye met 26% sedert 2007 geklim, vergeleke met maar net 11% vir die genoteerde versekeringsektor. “Dit wys op verhoogde verbruikersvertroue in ons sakemodel – reg oor die wêreld.”

PPS Namibië het aangekondig dat sy beleggingsopbrengs vir uitbetaling aan lede met 38% jaar-op-jaar gestyg het tot N$106.4 miljoen – vergeleke met die vorige syfer van N$77.1 miljoen – terwyl totale bates „n rekord waarde in 2013 bereik het.

Vermeulen sê dat bo en behalwe die winstoedeling, het die totale bruto voordele wat aan lede uitbetaal is – insluitend lewens-, gevreesdesiekte- en ongeskiktheidseise – in 2013 N$35.6 miljoen beloop.

“Ons is baie tevrede met PPS Namibië se vertoning tydens die afgelope jaar. Hierdie resultate getuig van die voordele verbonde aan lidmaatskap van „n onderlinge finansiëledienstemaatskappy. Namate PPS Namibië as maatskappy aanhou groei, kry ons lede* die voordeel deurdat hulle al die onderneming se winste ontvang.”

* PPS-lede met kwalifiserende produkte